Friday 12 February 2016

Module 9: Gallery Loop

Gallery loop is 'n strategie waar die onderwyser uistallings opstel wat sekere onderwerpe behandel. Die uitstalling kan fotos, QR kodes, artikels en  videos  behels.

Gaan neem deel aan die bespreking hier:

  1. Aanlyn Identitieite: http://goo.gl/spe3jc
  2.  Uitvissing: http://goo.gl/26ttMu

  3.   Leer netwerke: http://goo.gl/Lou9jq

  4. Aanlyn Veiligheid http://goo.gl/jkiyJO









Module 9: Galleryloop: Uitstalling 4- Aanlyn Veiligheid

Instruksies:

Jy het pas ‘n selfoon van een van jou leerders af weggeneem wat besig was om met iemand ‘n gesprek te voer.

Lees die gesprek by die uitstalling en gebruik jou plakpapiertjies om neer te skryf wat jy as onderwyser in so ‘n situasie sou doen.



  1. Is dit ‘n voldoende rede hoekom selfone nie in die klas gebruik mag word nie?
  2. Hoe kan ons ons leerders beveilig teen aanlyn-boelies?
  3. Elke groepslid moet op ten minste een van ‘n ander groep se opmerkings reageer.
  4. Watter anderonveilige situasies kan ons aanlyn teenkom en wat kan ons daaromtent doen? 

Module 9: Galleryloop- Uitstalling 3- Uitstalling 3: Persoonlike leernetwerke

Professionele leergemeenskappe word gevorm wanneer groepe onderwysers saamkom, aanlyn of andersins, om idees, onderrigstrategië, bronne en inspirasie te deel. In hierdie kursus het jy alreeds baie geleer oor die verskillende maniere waarmee jy iets kan deel met kollegas of onderwysers van ander skole met behulp van aanlyn sosiale media soos Twitter en facebook. Ons hoop dat jy verder sal voortbou hierop deur jou tablet te gebruik om jou te help!

Kyk in jou Module 9 Hulpbronne Uitstallings 3 leêr vir meer inligting hoe om sulke groepe te begin.

‘n Paar leidende vrae:

 Kan ek altyd kry waarvoor ek soek?
 Kan jy vir hulp vra?
 Sal jy deel wees van ‘n groep van onderwysers wat mekaar help, hulpbronne deel en omgee?
 Is die navigasie verbruikers vriendelik?

Uitstalling 3A: www.google.com







Uitstalling 3B: www.en.wikipedia.org


Uitstalling 3C: www.mathsliteracy.co.za

Uitstalling 3D: 




Module 9: Galleryloop- Uitstalling 2: Uitvissing (Phising)

Uitvissing (phishing) is die poging om informasie soos gebruikersnaam, geheime kodes en kredietkaartinligting te verkry (en soms indirek  geld ook), deur iemand wat homself voordoen
as betroubaar in ‘n elektroniese kommunikaie.  Hierdie kommunikasies kom voor asof dit van  van betroubare sosiale webwerwe, vendusie werwe, banke, aanlyn betalinghanteerders of IT administrateers af kom en gebruik dit om goedgelowige mense te bedrieg.

Vervalsings e-posse kan skakels na webwerwe met wanware (wanware is sagteware wat ontwerp is om beheer oor jou rekenaar of tablet oor te neem en dit te beskadig) stuur. Hierdie vervalsing word veral uitgestuur as e-posse of sms’e  en moedig die lesers aan om hulle details na ‘n vervalste webwerf te stuur wat lyk en voel soos ‘n betroubare webblad.  ‘n Voorbeeld is ‘n vervalste e-pos wat lyk soos die amptelike e-pos-vorm van ‘n (fiktiewe) bank.

Die persoon wat dit stuur probeer die ontvanger mislei deur vertroulike inligting na ‘n vervalste webwerf te bevestig. Let op vir spelfoute en teenstrydighede. Selfs wanneer die webskakel lyk of dit van die bank se webblad amptelik af kom, wys die skakel na die vervalser se webblad.
http://en.wikipedia.org/wiki/Phishing

Instruksies:
Bestudeer die volgende voorbeelde van e-pos en smse in hierdie gallery uitstalling en besluit of enige een daarvan oorspronklik (outentiek) is of nie. Bespreek hoekom jy so dink.

Indien iemand  vir jou ‘n e-pos of sms stuur wat jou laat voel of dit dalk gevaarlik is, wat kan jy doen om vas te stel of hulle is wie hulle sê hulle is? Hoe kan jy jouself teen sulke kommunikasies beveilig?

Kyk in jou Module 9 leêr of die internet vir hulpsame raad. Lewer jou kommentaar hier onder in 'n blogpost.








SKA Module 9: Uitstalling 1: Digitale Identiteite

Die volgende post is vir gebruik gedurende die Module 8 werkswinkel sessie:

‘n Digitale Identiteit verwys na hoe mense jou kan sien en wat jy doen of verteenwoordig, in ‘n aanlyn of elektroniese omgewing. Ons moet altyd verseker dat dit wat aanlyn oor ons verskyn, positief is en nie ons reputasie sal beskadig nie. Ons leerders kan selfs slegte dinge aanlyn oor ons sê en ons moet leer hoe om dit te hanteer. Ons moet hulle ook leer hoe om verantwoordelike digitale gebruikers te wees. In hierdie uitstalling gaan jy ‘n paar aanlyn onderwysers se profiele ondersoek en besluit of jy hulle as deel van jou Professionele Leergemeenskap sal wil he. Kyk gerus na jou Module 9 bronneleer vir artikels en videos wat kan help om die uitstalling te verstaan.

Julle kan ook julle fotos van julle Galleryloop gebruik om julle kommentaar aan te vul.

Instruksies:

Bestudeer die 4 verskillende profiele en lewer kommentaar onder die blogpost, watter waarde wat die persoon as deel van jou Professionele Leergemeenskap kan he. Kyk na die volgende:

  • Is die persoon betroubaar? 
  • Sal jy hom volg/bevriend/kontak/hou van en hoekom?
  • Wat kan jy van hom/haar leer wat jou sal help om te groei as ‘n lewenslange leerder?